Reeds in Desember 2024 het ek vir Stanley Baptiste ontmoet , binne minute het hy my styl en persoonlikheid vasgevang. Ons het saam gesit en ons idee was om iets te skep wat klassiek en modern voel , ’n rok wat lig vang met elke beweging en wat selfvertroue, grasie en glamour uitstraal. Ek wou ’n rok hê wat my laat voel soos die beste weergawe van myself – elegant , sag , maar steeds sterk. Die sagte roosgoud-kleur en sprankelende versierings simboliseer lig, vreugde en die skoonheid van vroulikheid.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok is die fyn handgeborduurde kristalle en pêrels op die bostuk en op die belt. Die kristalle en pêrels het my rok uniek en anders gemaak.