Mia Putter

Curro Nelspruit

Ouderdom

18

Skool

Curro Nelspruit

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het n minimalistiese ontwerp gekies wat toelaat dat die fokus op die uitsonderlike kleur en rou sy lap val. Die snit en sagte lyne pas goed by my en komplimenteer my figuur perfek.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

SIMPLICITY IS THE KEYNOTE OF ALL TRUE ELEGANCE. ~ Coco ChanelHierdie aanhaling deur Coco Chanel som die visie vir my rok perfek op. Ek wou iets gehad het wat my laat 18 voel. Jonk, lewend en vol vreugde, sonder te veel ingewikkelde detail.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Buiten die kleur - was dit die hele proses van die rok maak. Al die belangrike vroue in my lewe was deel van die ontwikkeling van die rok. Van my Ouma, na my Ma, na my Tannie en selfs Niggie wat die fotos help neem het. Dis die mense om my wat die rok spesiaal gemaak het en my laat voel het asof ek van binne af straal toe ek dit uiteindelik kon dra op die grootdag.

Datum van matriekafskeid

2025-09-25

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media