Karlie Joubert
Curro Kathu
Ouderdom
17
Skool
Curro Kathu
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Toe ek my rok sien, was en onmiddelik verlief.
Ek sou oorspronklik nie ‘n goue rok gekies het nie omdat my vel lig is.
Die rok het my soos ‘n prinses laat voel en was alles wat ek graag wou gehad het.
Die rok is tydloos, elegant en sjarmant.
As ek weer kon kies, sou ek weer diè rok kies.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was ‘n rok met valle, iets waaroor ek al ‘n tyd gedroom het vir my matriekafskeid, maar ek en my mamma kon nêrens ‘n rok kry wat my begeerte vervul het nie.
Toe ek die rok sien, toe het ek geweet dis presies waarvan ek gedroom het. Die rok het my soos ‘n handskoen gepas. Ek is baie gelukkig met my keuse.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Verseker die snit en die rok se valle. Die rok het baie gemaklik gedra.
Datum van matriekafskeid
2025-09-26