Chloe Loots

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is geïnspireer deur blomme en die idee van selfvertroue en elegansie. Ek wou hê die rok moes voel soos iets uit ’n modeblad – vol kleur en lewe – maar steeds stylvol en tydloos. Die blomdetail en vloeiende materiaal simboliseer vir my groei en nuwe beginne, wat mooi aansluit by die afsluiting van my skoolloopbaan. Pienk is ook ‘n kleur wat ek met gemak dra en dit komplimenteer my natuurlike kenmerke.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok is beslis die blomdetail aan die bors en rug, sowel as die dramatiese tulle wat agter uitvloei. Dit gee die rok beweging en laat my spesiaal voel as ek dit dra. Ek hou ook van hoe die kleur my laat uitstaan en perfek pas by die vreugde van die aand en ek dra die rok, die rok nie my nie.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media