Denike Barnard

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Dit klink nou baie “hippie”, maar my inspirasie vir die rok was die natuur. Daar’s niks mooier as die natuurskoon rondom ons waarmee ons geseën is nie. Dis iets wat ons daagliks raaksien, maar nie altyd waardeer nie. Ek wou hê my rok moes soos ‘n vars oggendbriesie voel- en daardie doel het hy baie mooi verrig (of dit was net die norse weer van daardie dag!)

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok was die tipe groen wat ek gekies het. Dit was regtigwaar spesiaal en besonders vir my. Ek’t ook gehou van die subtiele sleep van my rok (dit was wel die manne se grootse vrees tydens die sokkies daardie aand).

Datum van matriekafskeid?

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media