Danika Pretorius

Hoërskool Oos-Moot

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Oos-Moot

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Koningsblou, af skouer, A-lyn balrok elegante blink "sequence" ñ tikkie drama wat my persoonlikheid weerspieël en my haarkleur natuurlik beklemtoon. Ons het my rok gehuur by Dreamdress Wedding Boutique Pretoria. Tannie Elsie en Julia het my so op my gemaak laat voel met die intrap slag. Daar was so baie rokke, maar die een het sommer net dadelik uitgestaan.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Mense dink dadelik die prinses oomblik, maar vir my was dit meer oor ek beweeg oor na die volgende fase van my lewe ek sluit die boek "skool" af en gaan die jong dame "grootmens" lewe in, want ek het elke mylpaal deurgemaak en vier nou my suksesvolle skool loopbaan

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Hierdie laat my besef hoeveel in 12 jaar ingaan, en ook die opofferinge wat soms gemaak moes word, maar nietemin het my ouers en almal wat deel gehad het in my dag. As ek na myself in ñ die rok kyk is dankbaarheid al wat in my gedagtes opkom.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Vir my was dit verseker die fotos, dit was daar waar ek al my mooi herinneringe kon vas vang. En dit was pretty, die fotograaf het my en my metgesel laat lag en ons het net bloot vet pret gehad.

Planne vir na matriek

Ek gaan Gasvryheidsopleiding en Sjef swot. Kosmaak en onthaal is my gunsteling tydverdruif. My droom is om die wêreld the kan sien met dit waarvoor ek ñ passie het.

Gunsteling woord in Afrikaans

Allamapstieks - Allamapstieks maar dit is ñ mooi rok vir jou die.

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media