Franzelle Fouche
Jim Fouche Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
10-10-2025
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek doen volkspele en ons dra baie wye rokke, ek het vir Tannie Cecilia gesê my rok moet so wyd wees as ek draai.
Ek wou soos 'n prinses voel en lyk, ek dink Tannie Cecilia het dit perfek reg gekry.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek was baie gemaklik in my rok. Die rok het soos 'n handskoen aan my gesit. Dit het nie los gegaan of afgeval nie. Ek kon met gemak geloop en gedans het sonder om op die rok te trap, selfs sonder skoene. My rok het 'n versteekte sak gehad waarin ek my selfoon of lipgloss kon berê. Die baadjie het gehelp toe dit koeler geword het om warm te bly, maar nie my rok te bederf nie.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-10