Janique Botes
Hoërskool Duineveld
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het nog altyd geweet ek wil ’n "Burned Orange" rok dra — die kleur is vir my baie spesiaal omdat my Tannie jare gelede vir my gesê het dat dit perfek by my sal pas. Toe ek uiteindelik die kleur sien, het ek dadelik verlief geraak daarop. My oorspronklike idee vir die rok het verander toe ek besef het ek wil iets hê wat my persoonlikheid weerspieël: iets uniek, elegant en stylvol, maar steeds eenvoudig. Die inspirasie was dus ’n kombinasie van familieherinneringe, my liefde vir klassieke styl en my eie visie van hoe ek daardie aand wou voel.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok beteken vir my baie, omdat dit presies wys wie ek is. Dit weerspieël dat ek hou van eenvoud, maar tog op my eie unieke manier ook bietjie uitspattig kan wees. My gunsteling deel van die rok is die kombinasie van die korset-bolyf en die hoë split, dit laat my sterk, elegant en selfversekerd voel. Ek hou daarvan dat die ontwerp klassiek is, maar tog net genoeg drama het om uit te staan. Bo alles is dit vir my besonders omdat dit spesiaal vir my gemaak is. ’n Rok wat presies by my persoonlikheid en styl pas.
Datum van matriekafskeid?
2025-04-25