Alicia Kruger

Hoërskool Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok is ‘n kombinasie van natuur, sagtheid en klassieke elegansie. Vrede, balans en vernuwing het my rok se kleur gekies. Groen lê tussen blou, die kleur van stilte en vrede, en geel, die kleur van lig en warmte. Die kleur skep ‘n gevoel van warmte en harmonie, wat ontpanning en vrede vir my gegee het. Met die ontwerp van die rok was die hoof fokus om gemaklikheid te skep en terselfdetyd moderne romantiek. Die rok beeld my selfstandigheid uit, asook my trots in my styl.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was beslis my rug-deel. Dit was ontwerp met subtiele elegansie en verfynde eenvoud. Die halfoop styl skep ‘n gevoel van ligtheid en vryheid sonder om oordrewe te wees. Die skouerbande lei elegant oor die skouers en beklemtoon die natuurlike lyn van my rug, wat bydra tot ‘n vroulike silhoeët. Dit was ontwerp in gebalanseerde eenvoud.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media