Zelma Böhmer

Hoërskool Pionier

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Pionier

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok by Carike Nel laat maak en gekoop ek was oorspronklik na haar toe om rokke aan te pas. Ons het ‘n kombinasie van rokke gevat wat ek van gehou het en toe het tannie Carike vir my ‘n nuwe unike rok ontwerp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek was mal oor die ryk blou kleur en verskillende teksture. Dis waarom ons besluit het om twee tipes kant te meng – een met blinkers en een met krale. Die tekstuur van die verskillende materiale gee diepte aan die rok. Die kant is ook baie modern met silwerdetails in. Ek wou iets anders hê, maar wou hê dit moet steeds ’n klassieke silhoeët wees. ’n rok wat my selfvertroue weerspieël. Die bosfoto’s laat dit amper voel asof ek uit ’n sprokie stap, en dit was presies die gevoel waarna ek gesoek het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeid rok beteken vir my ongelooflik baie My rok simboliseer vir my ’n reis van my pad wat ek gestap het tot nou toe ń reis van groei, selfvertroue en vroulikheid. Die ryk koningsblou kleur laat my dink aan krag en kalmte asook ń tinseltjie van die idee van wat ń prinses sal dra ’n herinnering dat ek sterk kan staan, maar steeds sag kan wees. Die glinsterende detail aan die bo-stuk verteenwoordig elke droom wat ek oor die jare gekoester het, terwyl die oop skoot vir my vryheid en selfvertroue uitbeeld – die vrymoedigheid om my eie pad met grasie te stap. Wanneer ek dié rok dra, voel ek soos die beste weergawe van myself: elegant, uniek en trots op die jong vrou wat ek geword het. ń vrou wat glo om altyd sagmoedig te wees en om moed te hê. Altyd vir goud gaan en nooit terugstaan nie .

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media