Simoné Bezuidenhout
Hoërskool Hoogenhout
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Hoogenhout
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
n Korset, met ‘n sweetheart neklyn, wat met pêreltjies bedek is. Die romp bestaan uit lae en lae ivoor- en sjampanje kleurige tule. Die elegante “ballgown” is vloeiend en het ‘n sagte voorkoms. Hierdie rok lyk asof dit reguit uit n sprokiesverhaal kom.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Toe almal aan die begin van die jaar al praat van matriekafskeidrok ontwerpe, het ek nie eers ‘n idee gehad van wat ek wil hê nie. Ek het gesoek maar kon niks kry wat vir my uitstaan nie… Dit was totdat ek HIERDIE rok gesien het. Ek het dadelik geweet dit is MY rok en wou niks weet van n ander rok nie. Dit was “liefde met die eerste oogopslag”.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die HELE rok. Toe ek hierdie rok aangepas het, het ek onmiddelik soos n sprokies-prinses gevoel. Die rok pas ook perfek by my persoonlikheid, aangesien ek geken word as iemand wat altyd “extra” is. Wat hierdie rok ook uniek maak is omdat dit nie by die standaard van hierdie jaar se “slim fit” rokkies inpas nie.
Datum van matriekafskeid
2025-10-02