Lianel Lotriet
Hoërskool DF Malan
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool DF Malan
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ‘n dromerige, bandlose balrok met ‘n sagte hartvormige halslyn. Dit bestaan uit ‘n stywe korset-bolyf wat geborduur is met pienk en pastel groen blomme.
Die romp gedeelte vloei in lae van sagte tule wat pastelkleure van pienk en blou meng. Die rok bevat ook ‘n hoë spleet wat ‘n moderne gevoel skep.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok is geïnspireer deur die gevoel van kinderlike vreugde en prinses-drome. Die sagte pastel kleure bring ‘n gevoel van opwinding, maar is nie te helder op die oog nie.
Toe ek die rok gesien het, het my hart weer soos ‘n klein dogtertjie, wat haar ma se hakskoene uit die kas dra, gevoel.
Die pastel pienk simboliseer liefde, sagtheid en vreugde. Dit het my onmiddellik terug gevat na my kinderjare. Ek het toe geweet dat pienk regdeur die rok uitgebeeld moet word.
Die pastel blou toon weer ‘n gevoel van rustigheid en verbeelding. Ek het gevoel dit beeld my persoonlikheid perfek uit!
Die rok het my herinner aan hoe mooi dit is om jonk van hart te wees.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel van my rok is die kleurkombinasies. Dit was moeilik vir my om op ‘n enkele kleur te besluit en hierdie idee het perfek gewerk. Die mengsel van sagte pienk en blou het my laat dink aan kinderdae en sprokies.
Die deel wat my hart gevang het, is as die lig op die rok skyn, vertoon dit amper pastel pers!
Datum van matriekafskeid
2025-10-01