Janica Stone

Curro Kathu

Ouderdom

18

Skool

Curro Kathu

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My ma het my vertel dat haar trou rok deur Casper Bosman ontwerp en gemaak is. Van toe af het ek geweet dat hulle my rok moet maak omdat dit so spesiaal sal wees. Ek het van die begin af geweet dat ek n geel rok wil hê omdat dit 'n unieke kleur is was niemand in my skool al gedra het nie so toe kies ek om die eerste te wees. Perels is vir my baie elegant en ek het vir n elegante "look" gegaan. Ek was skepties oor die korset want baie meisies sukkel heel aand om die rok bo te hou maar Casper en sy span het seker gemaak dat ek my aand kon geniet sonder om aan my rok te raak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het die rok van ons vorige Mej Suid-Afrika Natasha Vermaak gesien en dadelik verlief geraak op die idee. Met my eerste konsultasie met Casper hulle het ons my eie sprokies rok ontwerp , die rok wat my soos Belle van "Beauty and the Beast" laat voel het, n regte prinses

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die perels aan die voorkant het my rok ook uniek gemaak. Min matriek meisies verkies perels omdat dit dalk meer vir n troue bedoel is of oud-modies is, maar dit het my nie gestop nie . Dit het n elegante element by die rok gesit en dit het perfek by my gepas om die eindproduk te vervolmaak.

Datum van matriekafskeid

2025-09-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media