Kayla Genis
Hoërskool Noordheuwel
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Noordheuwel
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het 'n paar rok idees in my kop gehad. Ek het dit aan my ontwerper (VNG Designs) van my rok genoem waarna sy alles mooi in een ontwerp by mekaar gesit het en ons daarmee voort gegaan het. Die kleur van my rok is ook baie spesiaal - Jade Groen en ek het geweet dat nie baie dieselfde kleur as ek sou kies nie. Ek voel dat die kleur baie mooi by my gepas het en dit het verseker die kleur van my oë laat uit staan.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek was nog altyd anders en het geweet dat my rok iets van alles moet kry. Die noupassende rok met "bling" wat die elegant en stylvolle kant van my uitbeeld en die "Tulle Overskirt" wat die prinses gevoel van 'n wye rok wat waai as ek draai baie mooi af rond.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My hele rok was my gunsteling - alles was net perfek vir my gewees
Datum van matriekafskeid
2025-10-03