Jonel Jones

Hoërskool Kalahari

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd gedroom om ń Anel Botha Couture/Calvers rok te dra. Toe ek die rok sien, het ek geweet dis presies wat ek wou hê — die detail, die pasvorm en die manier waarop dit vloei, het alles saam vir my die ideale prentjie geskep. Ek wou hê my rok moes ’n stelling maak — iets wat wys ek is nie bang om anders te wees nie, en wat terselfdertyd sag en vroulik bly.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was hoe die belt my figuur pragtig uitgelig en my mooiste kenmerke beklemtoon het — veral my middel en skouers. Die groot, dramatiese moue het ’n unieke element bygevoeg wat die hele ontwerp laat uitstaan het.Die onderkant van die rok was subtiel deurskynend, wat net genoeg van my bene gewys het en ’n ligte, elegante effek geskep het.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media