Lizé Pretorius
Hoërskool Sentraal
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Sentraal
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek sal nie sê dat ek ń spesifieke inspirasie gehad het nie, ek wou wel asems wegslaan, aandag trek en anders wees, maar nogsteeds nie teveel uitstaan nie.
Sedert ek in graad 11 deur Pinterest gescroll het, was daar wel ń rok wat my oog getrek het en dit is waarmee my ontwerper my droom laat waar word het.
Die rede hoekom ek spesifiek "rooi" gekies het, dink ek is bloot oor die feit dat mense my komplimenteer oor my oë wanneer ek rooi aan het.
Ek hoop ook dat ek my ouma se aandag kon trek van hier op aarde af.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel was verseker die deel van my skouers tot en met my heupe - die fyn blom detail was pragtig! Ek het ook baie van die vloeiende romp gehou, dit het my soos ń prinses laat voel.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-04