Shani Coetzee
Cradock Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Cradock Hoërskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Helderpienk was 'n kleur wat ek nooit oorweeg het in my beplanning nie, trouens, ek het dit heeltemal uitgesluit, maar met my ligte vel en ligte blonde hare het neutrale en ligter kleure my uitgewas laat lyk. Die oomblik toe die helderpienk rok teen my gehou is, het ek geweet dit is die rok vir my. Die kleur het my gelaat perfek gekomplimenteer. My rok het toe nie net 'n mooi keuse geword nie, maar ook 'n simbool van groei en die waagmoed om uit my gemaksone te stap. Dit het gevoel asof die rok my gekies het en nie andersom nie.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Wat ek die meeste van my matriekafskeidrok geniet het, is hoe die rok my figuur gekomplimenteer het. Ek was mal oor die korset bo-stuk asook die dun beltjie om my middel. Die lang sleep agter het 'n dramatiese, elegante gevoel gegee wat ek absoluut mal oor was.
Datum van matriekafskeid?
2025-03-26