Kylie Erasmus

Hoërskool Monument

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rokkeuse spruit uit ’n begeerte om iets te dra wat nie net mooi is nie, maar wat persoonlikheid uitstraal en betekenis dra. Fuschia pienk is nie sommer net ’n kleur nie … dit simboliseer selfvertroue, energie en vroulikheid. Dis helder, lewendig en vier die lewe, presies hoe ’n matriekafskeid voel. Die keuse van pienk wys dat ek nie bang was om op te staan en gesien te word nie, maar steeds sagtheid en grasie in my voorkoms wou behou. Die ontwerp self ,met die elegante V-nek, oop rug en die fyn kraaldetail wat van die slit afhang , is geïnspireer deur ’n kombinasie van moderne styl en tydlose glamour. Die krale voeg ’n handgemaakte gevoel by die rok Dié rok is gekies om nie net aan die buitekant te skitter nie, maar om iets van die binnekant ook te wys: ’n jong vrou wat dapper, mooi en vol lewe is – gereed om haar eie storie te begin skryf.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die fuschia pienk kleur van my rok gepaard met die glinsterende krale wat afhang van my rok se slit is virseker een van my gunsteling dele van my matriekafskeidrok,omdat die fuschia pienk kleur werklik uitgestraal het op my vel kleur wat my n ander tipe vrymoedigheid laat ontwikkel het om n selfversekerde jong dame te wees met selfvertroue.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media