Ankia Blok

Hoërskool Ben Viljoen

Ouderdom

17

Skool

Hoërskool Ben Viljoen

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die rok is gekoop by Princess Couture , in die Oriental Plaza te Johannesburg. Na vele rokke se aanpas het ek uiteindelik my droom rok gevind. Ek het ingegaan sonder enige verwagtinge , ek het geweet dat die regte rok met my sou praat. Ek was aangenaam veras toe ek in die spieël gekyk het. Die pragtige sleep en versierings het my stom geslaan, dit het soos 'n handskoen gepas. Die meermin styl gekombineer met die konings blou het my soos 'n prinses laat voel.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie kom uit 'n agtergrond van kuns en 'n liefde vir drama. Alhoewel die rok skitterend was, was dit belangrik vir my dat ek gesien word.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Definitief die blink versierings want dit het my laat skitter. Ek het die rok gedra, die rok het my nie gedra nie. Ek het so mooi gevoel tydens my foto sessie. Op die rooi loopplank kon ek nie ophou glimlag nie.

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media