Zylia Pretorius

Die Hoërskool Menlopark

Ouderdom

17

Skool

Die Hoërskool Menlopark

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ‘n donkerblou, eenskouer, “A-line” ontwerp met ‘n splete aan die kant wat aandag trek met glinsterende kralewerk. Die bokant van die rok is versier met ‘n ingewikkelde patroon van silwer en ireserende krale wat die illusie van gebreekte glas of ‘n steruitbarsting skep. Die materiaal van die romp is vol tekstuur wat wat sagte plooie vorm en met elke tree vloei. Die donkerblou basis skep ‘n kontras teen die glinsterende silwer en metaal-skakering krale bo-op. My rok is stylvol en illustreer gebrandskilderde glas.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my matriekafskeidrok is Gigi Hadid se 2018 Met gala rok. Die tema van daardie jaar se Met Gala was “Heavenly Bodies: Fashion and the Catholic Imagination”. Die Versace atelier het gebrandskilderde glas as inspirasie gebruik OM haar rok te ontwerp. Die rok is een van my gunsteling Met Gala uitrustings oor die afgelope paar jare. Die eerste keer toe ek haar rok gesien het, het dit my dadelik laat dink aan gebrandskilderde glas wat in kerke is. Ek het toe dadelik geweet dít is hoe my matriekafskeidrok gaan lyk.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is dat my rok verskillende teksture bevat. Daar is ingewikkelde kralewerk en ‘n tekstuurryke romp met voue en plooie. Ook dat ‘n mens kan sien dat die inspirasie Gigi Hadid se 2018 Met Gala rok is, maar dat dit glad nie dieselfde rok is nie. Die donkerblou kleur pas perfek by my velkleur en komplimenteer my oë. My rok is uniek en elke detail is met intensie daar geplaas om die volle prentjie van gebrandskilderde glas te skep.

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media