Ulrike van der Mescht

Hoërskool Dinamika

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Dinamika

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van die eerste oomblik af het ek geweet – my rok móés navy blou wees. Daardie kleur het iets tydloos en elegant aan dit, iets wat my laat voel asof ek in my eie sprokie leef. Ek is mal oor blomme, oor lente se sagte belofte van nuwe beginne, en oor die helder kleure wat hoop en vreugde uitstraal. Elke blommetjie op die rok herinner my aan my ouma, aan haar warmte, groenvingers en die liefde wat sy in my wêreld geplant het. Die groot moue vou my in ’n gevoel van drama en drome, terwyl die wye romp soos ’n golf van prag rondom my vloei. Wanneer ek dit dra, voel ek soos ’n prinses – die middelpunt, die een wat almal raaksien.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit is onmootlik om n deel van my rok uit te sonder, ek is mal oor elke liewe deel. Die romp is elegant, vloeiend en die sakke is super ‘cool’ en modern. Die moue het n tikkie drama bygevoeg om die prentjie te voltooi. Die pragtige korset beeld my persoonlikheid perfek uit — speels en kleurvol.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media