Michelle van der Westhuizen

Hoërskool Randburg

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Randburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ń prentjie in my kop gewees van die dag wat ek uitgevind het daar bestaan ń ding soos Matriek Afskeid. Elke deel van my rok verteenwoordig ń deel van my. Ek het nog altyd ń liefde vir sprokkies verhalle en ek wou graag dit uitbeeld in my rok.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My grootste inspirasie vir my rok was al die stories en films van prinsesse wat ek in my kleuterjare gekyk het. Ek het nog altyd geweet ek wil ń korset rok hê wat soos Belle van Beauty and The Beast se rok draai as ek daans.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dis moeilik om net een deel te kies omdat elke deel van my rok spesiaal is vir my. As ek moes kies is die kleur van my rok my gunsteling deel, die poskantoor rooi beeld my persoonlikheid en my gunsteling kleur uit en verteenwoordig vir my liefde, passie en krag. Die eienskappe is vir my die kern van my mens wees en is ń groot deel van my waardes

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media