Ek het Merensky Landbou Akademie se Matriekafskeid bygewoon.
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Met die oorhandiging van die Mejuffrou Suid-Afrika kroon tydens die 2024 kompetisie, het die vorige Kroondraer, Natasha Joubert, ń pragtige lang-mou silwerwit rok gedra. Dit was op daardie oomblik wat ek besef het wat die uitdrukking "less is more" beteken. My rok is tydloos en elegant, my rok praat vir homself en weerspieël my blik op die lewe. Elegansie is nie om mense se aandag te trek nie, maar om in hul gedagtes en geheue agter te bly. Ek het my rok gekies met die hoop dat dit dames van die toekoms sal aanmoedig om hul wildste drome na te jaag,hoe bizarre dit ook al mag wees, dit is jou tyd om te uit te staan.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die navy blou bedekte knopies op my moue, bo by my nek en af tot op die grond oor my sleep dien as die kleinste detail en meet die grootste impak op. Charles Eames het gesê, "the details are not the details, they make the design." Ek glo vas dat die verskil tussen iets mooi en iets besonders is die aandag op detail. Die knopies het ń element van finaliteit en elegansie by die rok gevoeg, wat my net meer selfvertroue gebied het in my rok. Hierdie knopies is ń eeue oue verskynsel wat tot in die moderne tyd nog ń tendens bly, dit maak my rok tydloos en laat my soos ń prinses voel.