Mea Nel
Hoërskool Outniqua
Ouderdom
17
Skool
Hoërskool Outniqua
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ons het die rok by Livia & Co Bridal & Evening store in George gekoop.
Van die eerste oomblik wat ek dit aangetrek het, het ek gevoel asof ek in ’n sprokie instap. Die sagte sage green kleur met ’n fyn silwer glans skep ’n gevoel van rustigheid en elegansie, terwyl die glinsterende korset en vloeiende romp van sagte materiaal die lig op elke beweging laat dans.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok is deur my pa gekies, wat hierdie ervaring vir my ongelooflik spesiaal en emosioneel gemaak het.
Ek wou hê my rok moes iets sê oor wie ek is – iemand wat van eenvoud hou, maar ook van ’n bietjie glans en betekenis. Hierdie ontwerp het die perfekte balans tussen klassieke skoonheid en moderne styl, en het my laat voel soos ’n prinses met selfvertroue.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Elke detail van die rok vertel my eie storie – een van liefde, trots en die begin van ’n nuwe hoofstuk vol drome en moontlikhede.
Datum van matriekafskeid
2025-10-03