Denika Beukes

Hoërskool Oosterland

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Oosterland

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok het ’n unieke koei-patroon met ’n vol, vloeiende romp en ’n broek aan die onderkant met n corset top . Die kontras tussen die swart en wit kleure laat die ontwerp uitstaan, terwyl die sagte materiaal en wydvallende styl beweging en elegansie gee. Die rok kombineer kreatiwiteit met ’n moderne en opvallende voorkoms.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok was ’n prentjie van ’n trourok wat ek al van verlede jaar af bewonder. Ek het van die styl en ontwerp gehou, en wou iets soortgelyks hê — net met my eie persoonlike draai daaraan. Omdat ek mal is oor koeie, het ek besluit om daardie element in te bring met die koei-patroon. Dit maak die rok uniek en wys iets van wie ek is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is beslis die koei-gedeelte van die romp. Dit het iets speels en anders by die rok gevoeg, en ek dink dit het die ontwerp mooi afgerond sonder om te oordadig te wees. Dis daardie deel wat die rok vir my besonders maaak en is deel van my persoonlikheid.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media