Jenni Muller
Hoërskool Wilgerivier
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Wilgerivier
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Toe ek instap en hierdie rok sien hang het, het ek dadelik geweet dat dít die rok van my drome is. ń Rok wat die "klein dogtertjie" in myself wakker gemaak het! Ek was nog altyd lief vir die kleur blou en hierdie koningsblou het my herinner aan die naghemel - tydloos en ń skoonheid wat nooit uit styl gaan nie!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van die magiese rok is die romp met sagte, vloeiende lae tule.
Ek het omtrent die hele aand met my rok gedraai en geswaai, want wanneer ek beweeg voel dit asof ek in ń sprokie instap!
Elke keer as ek die rok aantrek voel dit asof die wêreld vir ń oomblik sagter asemhaal - net ek, die lig en die rok wat my soos n towerstof omvou!
Datum van matriekafskeid?
2025-10-03