Jani Minnaar

Hoërskool Ben Vorster

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Ben Vorster

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek is mal oor my rok! My rok is helder rooi en lekker wyd. Hy pas nou oor my bo-lyf, maar het dan valle op die romp wat dit soos 'n balrok laat lyk. My rug is oop en het linte wat as bandjies oor my skouers gaan en dan oor die oop rug inryg. Ek sou oorspronklik 'n rok laat maak het, maar toe ek hierdie rok aanpas, was dit die een vir my!

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het geen spesifieke inspirasie gehad nie. Ek het die rok aangepas en hy het met my gepraat. Ek wou nie eers meer verder soek nie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die silhouette van die rok en die detail aan die agterkant maak hierdie rok vir my besonders en uniek, maar die blink bolyf met sy detail maak die rok ook spesiaal van voor af. Ek kan nie een aspek kies nie. Die hele rok is vir my mooi.

Datum van matriekafskeid

2025-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media