Jana Coetzer

Potchefstroom Gimnasium

Ouderdom

18

Skool

Potchefstroom Gimnasium

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het geen idee gehad wat ek wou hê nie! Ek het rokke gaan aanpas by Werner Dey net om ń idee te kry waarvan ek hou, en een van hulle was die mooiste swart rok. Ek het nie eers verder na ander rokke gekyk nie. Ons het toe besluit op ń swart, styfpassende rok omdat dit klassiek en elegant is. Dit pas by my persoonlikheid - sterk en stylvol

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het my ma op die ouderdom van nege jaar oud aan kanker verloor en sedertdien het ek altyd gewonder hoe dit sou wees as sy daar kon wees vir al my groot lewens oomblikke. Sy en Werner het altwee saam mode-ontwerp studeer in Johannesburg. Toe Werner my sien in die swart rok, toe sê hy vir my "Jou ma sou dit kies". Daardie woorde het my diep geraak! Dit was in daardie oomblik wat ek geweet het - dié rok is reg. Dit is sy. Dit is ek. En dit is ‘n samesmelting van alles wat sy aan my oorgelaat het. Dit simboliseer die band tussen ma en dogter wat selfs deur tyd en afwesigheid nie gebreek kan word nie.♥️Sy was my heel grootste inspirasie vir my rok - ek weet sy was daardie aand saam my gewees!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Om eerlik te wees, ek het van alles gehou. Dis moeilik om net een deel uit te sonder, want elke detail het iets besonders bygedra. Maar wat dit regtig spesiaal gemaak het, was hoe dit my laat voel het: selfversekerd, mooi en presies soos myself. Dis een van daardie rokke waar elke element - van die materiaal tot die ontwerp - net perfek saamkom. Ek het gevoel of ek in 'n droom was toe ek dit aangehad het.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media