Inneke van Heerden

Hoërskool Rustenburg

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Rustenburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ons het my rok so ontwerp omdat ek iets uniek wou hê wat by my pas. Ek wou hê dit moes spesiaal en een van ’n soort wees. Die sagte lae gee vir my ’n sprokies-gevoel. Dit is ’n rok waarin ek sommer net gemaklik, mooi en myself kan wees.Dit is ’n ontwerp wat elegant, maar tog speels en natuurlik voel.(Silver Swallow Design)

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets hê wat my uniek uitbeeld en nie net nog ’n rok is nie. Die groen was vir my ñ kleur van inspirasie, dit laat jou dink aan die natuur en die rustigheid dit simboliseer vir my groei, hoop en nuwe begin. Ek wou hê my rok moes nie net mooi wees nie, maar ook ’n weerspieëling van wie ek is en hoe ek hierdie spesiale tyd in my lewe voel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van my rok was hoe dit my laat voel het, asof ek in my eie sprokie leef. Die sagte lae het saam met my beweeg en my lig en vry laat voel, terwyl die kleur my uniekheid beklemtoon het. Dit was daardie gevoel van selfvertroue en besondersheid wat ek die meeste koester.

Datum van matriekafskeid

2025-09-23

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media