Eva Lloyd

Hoërskool Nelspruit

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Nelspruit

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het hierdie Griekelandse-tema vir my rok gekies omdat die see en Griekeland sulke groot plek in my hart het. Die rok se voorkoms is gesofistikeerd en in dieselfde asem eenvoudig, maar uniek wat my persoonlikheid in die beste manier uitbeeld. Die rug van rok is oop wat die rok net daardie finale vonk gegee het om anders te wees. Lynmarie Griffioen en haar span het ure spandeer om die wit sekwins en blou kant met hul hande, stukkie vir stukkie, aanmekaar gesit om een materiaal te maak, wat dan my hele rok gevorm het.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok kom uit die liefde wat ek het vir die see, Griekeland en natuurlik die fliek 'Mamma Mia' wat daar geskiet was. Ek het eers geen idee gehad wat om te doen vir my rok nie, tot dat ek in my ma se Delftse borde wat in ons kombuis staan vasgekyk het, toe ek die blou teenoor die wit gesien het, het dit my laat dink aan die branders wat breek by die see en dit het my die idee gegee om ń wit en blou rok te laat maak. Dit het my ook laat besef dat ek ń rok so moet ontwerp dat ek my liefde vir die see met ander kan deel deur middel van die rok.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek kan nie net een aspek van die rok noem wat my gunsteling is nie. Hierdie rok is wat mense sal noem 'Timeless' wat nooit uit mode uit sal val nie. Die oop rugontwerp wat ń balans tussen verassing maar elegant uit beeld is ook ń groot hoogte punt van my rok. Ek is ń 'plain' mens, maar ek het gevoel ek moet ń persoonlike element aan die rok byvoeg, en die oop rug was die perfekte idee. Maar dit wat vir my die meeste uitstaan, is hoe die rok in die son glinster. Die wit en blou sekwins het ń asemrowende effek in die sonlig geskep wat my spesiaal laat voel het op my spesiale dag.

Datum van matriekafskeid

2025-08-16

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media