Michelle Oosthuizen
Hoërskool Die Anker
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my rok was om ’n balans te skep tussen elegansie en moderne selfvertroue.Aanvanklik wou ek ’n geel rok hê, maar kon nêrens die regte een kry nie. Ek het altyd gesê ek sal nooit ’n pienk rok dra nie – totdat ek dié rok aangepas het. Ek was dadelik verlief op die sagte roos-pienk kleur en hoe perfek hy my gepas het. Dit het my laat besef dat soms kies die rok vir jou, en dié een het my presies laat voel soos ek wou, 'n regte prinses. Dit het ook perfek ingepas aangesien pienk nie altyd 'n "go to" kleur is vir 'n matriekafskeidrok nie. Alles het perfek by mekaar gepas!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok as 'n geheel was natuurlik my gunsteling! Maar as ek moet kies sou ek sê my gunsteling deel was die onderkant van die rok – die manier hoe dit met elke beweging "gesparkle" het en lig gevang het, het dit lewendig en betowerend laat voel. Die slit het ’n selfversekerde en moderne randjie bygevoeg wat die rok perfek afgerond het, en wie hou nie daarvan om 'n bietjie been te wys nie! Die kleur was natuurlik asemrowend, dit het perfek gepas by my ligte vel en ek kon dit afrond met swart skoene en 'n leer baadjie. 'n Bonus punt was beslis die gemaklikheid van my rok, ek het die heel aand meisies gesien karring aan hulle rokke en was so bly dit was nie ek nie!
Datum van matriekafskeid?
2025-07-31