Zoë van Schalkwyk
Trinityhouse High School Randpark Ridge
Tuisdorp
Roodepoort
Skool
Trinityhouse High School Randpark Ridge
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Annie Potgieter het my rok gemaak. Sy woon in Fourways. Ek het die rok self ontwerp. 'n Rok van Lily James, het my inspireer.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou van die begin af nie 'n dramatiese kleur dra nie. Ek is van nature bietjie skaam en die ligte pienk het die kind in my, asook volwassenheid saamgebring in een rok. Lily James het 'n soortgelyke rok gedra by die Academy Awards in 2022. Alhoewel ek toe in Graad 9 was, het ek geweet dis wat ek wou hê. Dis eevoudig, sag en elegant. Nes ek.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Hierdie rok dra baie betekenis. Die rok is lig, klassiek en sag. Daar is 'n element van pret. Ek moet erken, die rok was baie swaar ook!
Amper soos my matriekjaar. By tye was die lewe sag en pienk. My swem-en netbalseisoen was gevul met lag en pret. Ander tye bietjie swaarder - veral omdat ons heeltyd moet studeer. Die druk is voorwaar daar.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die oomblik toe my jarelange droom in een prentjie bymekaarkom. Toe ek die rok aantrek, en my hare en grimering saamkom, het ek soos 'n prinses gevoel.
Ek het vir so lank oor hierdie rok gedroom. Vandat ek en my ma die materiaal gaan koop het, tot my eerste aanpas in Mei. Daardie hele dag van die afskeid was eenvoudig perfek!
Planne vir na matriek
Ek gaan volgende jaar Chemiese Ingenieurswese studeer by Tukkies.
Gunsteling woord in Afrikaans
Gedoente
Datum van matriekafskeid
2025-09-25