Surika Roodman

Walvis Bay Privaat Skool

Tuisdorp

Walvis Bay

Skool

Walvis Bay Privaat Skool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Bekinda Revill eienaar van Love Knot Designs in Swakopmund.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets heel anders gehad het as wat die norm vir matriekafskeid is. My mikpunt was om uit te staan en almal se aandag te steel. Die rok moes my persoonlikheid uitbeeld.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit was die ontwerper, tannie Belinda se eerste keer wat sy so tipe rok gemaak het. Sy het soveel liefde en geduld in haar werk gesit en dit het die rok net soveel meer spesiaal gemaak. Saam saam het ons die perfekte rok vir my persoonlikheid gemaak. My pa het my altyd sy prinsessie genoem toe ek klein was, en die rok het my soos sy prinses laat voel en so iets kan ek vir niks verruil nie.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om almal se pragtige en verskillende keuse van rokke te sien. Almal het lekker saam gedans en as vriende saam gekuier en dit is mos waaroor matriekafskeid gaan .

Planne vir na matriek

Ek was nog altyd iemand wat so vinnige as mooitlik onafhankilik te wou wees van my ouers. Ek het begin werk en gaan aanlyn leer in logistieke bestuur. My mikpunt vir vroeg volgende jaar is om uit my ouerhuis te trek en hard te werk om vir myself n goeie toekoms te bou en my ouers trots te maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Geluk

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media