Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die naakte illusie rok in silver caviar tulle is versier met swarovski en geborduurde Franse kant, ontwerp deur Johan Wolmarans. Die ontwerp se betroubaarheid moes 'n funksie vervul van stylvol, elegant, klassiek, gesofistikeerd en tydloos. Die klassieke gedetailleerde styl verteenwoordig die toppunt van vroulikheid. Elke delikate laag materiaal was gekies met 'n doel want dit simboliseer my vermoë om sag te wees terwyl ek nogsteeds sterk in my oortuigings bly. Ek wou tonne swarovski kristalle op my rok gehad het want dit verteenwoordig diamante wat vir my 'n dieper betekenis het. 'n Diamant is nie net 'n kosbare, skitterende steen nie maar ook die hardste edelsteen. In vroulikheid beklemtoon dit vir my die feit dat ek as 'n jong dame die vermoé het om geduldig te wees en te wag vir my tyd om te skyn want my innerlike krag lê in volharding. Ek is nie bang om uit te staan en my eie pad te stap nie. Die synetsluier en sleep was 'n nagedagte maar het die rok perfek gekomplimenteer asook 'n dieper funksie vervul en dit was om my selfontdekking en innerlike rustigheid te simboliseer.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek was al van dat kan onthou betower deur die Disney prinsesse en wou 'n rok gehad het wat 'n moderne prinses kon uitbeeld sonder om oordadig te wees. Ek het my eerste skooldag in graad 1 begin deur met 'n limousine skool toe te gaan so natuurlik moes ek my laaste skool jaar aflsuit in styl, hoe anders dan as om soos n ware prinses te lyk en te voel. Ek beskou vroulikheid as die 8ste wonder van die wêreld en was geinspireer om daardie vroulikheid vas te vang in 'n minimalistiese en smaakvolle ontwerp. Tog gee dit so bietjie "Glitzy Glam" af in die proses.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Natuurlik die glinsterende effek wat my rok gehad het. Ek het 'n voorsmakie gehad van hoe dit kan voel as ek in Milan op die rooi tapyt eendag stap of 'n tiara dra in Buckingham paleis. Dis mos enige meisie se droom maar eerlik nou, alles van my rok was net perfek so ek kan nie iets spesifiek uitsonder nie.
Baie dankie aan almal wat my matriekafskeid onvergeetlik gemaak het! Dit is fantasties om n jong dame te wees!