Monique Delport
Hoërskool Nelspruit
Tuisdorp
Nelspruit
Skool
Hoërskool Nelspruit
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my matriekafskeidrok self ontwerp en gemaak met die hulp van Lowveld Sewing Academy. Ek het nog altyd ‘n groot liefde vir naaldwerk gehad, en ek is ongelooflik trots dat ek die kans gevat het om hierdie projek aan te pak.
Ek het baie tyd spandeer om seker te maak die rok pas perfek by my styl en figuur.
Die swaar satynstof laat die rok elegant oor my middel val, terwyl die ligter materiaal by die rug sag en natuurlik drapeer. Ek het elke detail met sorg beplan sodat die rok my persoonlikheid weerspieël.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir die rok kom van Zac Posen se Lente 2012-versameling. Die manier waarop die materiaal oor die rug gedrapeer is, het my oog onmiddellik gevang — saam met die kleur wat tydloos en stylvol is.
Ek het ‘n bietjie glans detail bygevoeg om die dramatiese effek van die drapering te beklemtoon en die ontwerp lewendig te maak.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeid rok is ongelooflik spesiaal vir my, deur hierdie rok self te maak het ek vir myself bewys dat ek soveel meer kan doen as wat ek gedink het.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My gunsteling deel van die aand was beslis op die dansvloer! Ek kon die aand saammet my vriende deurbring, en die laaste oomblikke van my matriek jaar ten volle uitleef.
Planne vir na matriek
Na skool gaan ek Potchefstroom Academy toe en my droom is om n binnenshuise versierder te word.
Gunsteling woord in Afrikaans
Bemin
Datum van matriekafskeid
2025-08-16