Marlie van de Vyver

C&N Sekondere Oranje Meisieskool

Tuisdorp

Bultfontein

Skool

C&N Sekondere Oranje Meisieskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My ouma maak al van kleins af vir my rokkies. Sy het hierdie rok ook gemaak. Om n ouma te he wat kan naaldwerk doen is n voorreg ,maar buiten dit maak dit die rok net soveel meer spesiaal. Daar is herrinneringe wat gepaard gaan met die rok, nie net op die aand van matriekafskeid nie, maar dwarsdeur die jaar saam my ouma. Sy het verskillende patrone gevat en aanmekaar gelas om n unieke rokkie net vir my te maak. n Spesiale rokkie om my skoolloopbaan af te sluit.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek is nog altyd lief vir die kleur rooi. Ek hou van iets eenvoudig maar het n oog vir detail. Daarom het ons besluit om fyn steentjies en pereltjies deel te maak van my rok om dit net ietsie uniek en "ekstra" te gee.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek voel soos myself in die rok. Die steentjies skitter in die aand wanneer ligte daarop skyn. Dit laat my dink aan die sterre. Dis beslis een van my gunsteling dele van die rok. Die eenvoudige snit met die wye romp laat my voel asof ek in n sprokie is. Dit laat my weer voel soos n klein dogterjie wat droom om n prinses te wees. Die rok se eenvoudigheid en fyn detail saam met die rooi kleur skep ook n pragtige romantiese prentjie.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt was beslis om al my vriendinne in hul unieke rokke te sien. Almal het pragtig gelyk en dit was n pretvolle aand gevul met musiek, kos en die geselskap van vriende en vriendinne.

Planne vir na matriek

Ek beplan om DV na skool siviele ingenieurswese by die universiteit van Stellenbosch te studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

My gunsteling woord is poenankies.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media