Marie-Ginette Barnett

Die Hoërskool Menlopark

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Die Hoërskool Menlopark

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Champagne Kisses, n vrou wat my matriekafskeid rok vir my gemaak het.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie was die fliek “How to lose a guy in 10 days”, maar ek wou die rok laat pas by wie ek is en wat ek van hou. My rok is simple maar elegant, ek wil oor 10 jaar terug kan kyk en nie ongelukkig wees oor my keuse van n rok nie. Ek is nie n meisie vir blinkers en stene nie, ek is n plain jane. Ek wou n rok hê wat niemand anders het nie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is vir my n simbool van geluk en vryheid, ek het totale vryheid gehad oor hoe ek die rok wou laat lyk en die rok bring my so baie geluk. Ek is nie iemand wat altyd mooi voel nie, maar my rok het my so so so mooi laat voel die dag. Dit wys dat jy nie veel moeite hoef te doen om spesiaal en mooi te lyk op jou matriekafskeid nie.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om te wag in die ry om in te loop by die matriekafskeid was definitief n hoogte punt. My hart het geklop in my keel meeste van die tyd wat ons gesit en wag het in die kar. Ek het self die kar gery waarmee ons in gekom het, daarom was dit nog meer spesiaal vir my.

Planne vir na matriek

Matriek vakansie te oorleef, lewe te maak in Potchefstroom en sielkunde te studeer by Pukke.

Gunsteling woord in Afrikaans

samesyn

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media