Marichelle Spies
Hoërskool Witteberg
Tuisdorp
Memel
Skool
Hoërskool Witteberg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het self my rok se ontwerp gekies en tannie Kandas Steenkamp het my droom roosie-vir-roosie ‘n werklikheid gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou graag iets hê wat my sagte persoonlikheid vasvang maar wat tydloos is tussen vandag se duisende rokke wat jy aanlyn kan koop. Ek was nog altyd mal oor die rok wat Rolene Strauss gedra het in 2015, toe sy die kroon oorhandig het en dit was waar die droom begin het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
As iemand vir my in graad 11 moes sê dat ek regtig ‘n rooi rok vir matriekafskeid gaan dra sou ek vir hulle lag en sê hulle grap. Vandat ek ‘n klein dogtertjie was, was dit nog altyd ‘n glitter pienk prinsesrok.
Rooi is ‘n koninglike kleur wat spreek van elegansie en tydloosheid, selfvertroue en trots. Dit is ‘n vlambojante kleur wat die kollig steel en ek sou nooit raai dat ek braaf genoeg sal wees om dit te betree nie. Maar iewers tussen skoolgange en ongelooflike vriende het ek myself gevind en die selfvertroue gekry.
Die rok het my sagte hart en glimlag vasgevang in die rose en die sterkte en krag wat Jesus vir my gee in die diep rooi satyn sleep. Hoe rooier, hoe mooier en nou glo ek dit ook !
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Vir my was die hoogtepunt toe alles bymekaar kom… Dit is 12 jaar se prentjies uitknip en Pinterest “boards” wat oorvol is. Die gevoel toe ek my rok aantrek, in die spieël kyk en snak na my asem, my eie Cinderella oomblik. Hare, naels, skoene en juwele mooier was jy ooit kon dink. Om by die skool aan te kom en ek kan die glans in elke meisie se oë sien. En toe stap ons in ‘n sprokiesverhaal in waar ons die aand om lag, dans en soos koninklikes eet.
Ek dink die eintlike hoogtepunt is om te sien hoe die meisies saam met wie jy die laaste 5 jaar gestap het, elkeen ontvou en gegroei het tot merkwaardige jong dames, elkeen met haar eie lig en verhaal, gereed om haar lewensreis met moed en grasie aan te pak.
Planne vir na matriek
Net waar die lewe my vat! Ek beplan om volgende jaar dierkunde te studeer en hard te werk om dan die lang pad aan te pak om ‘n veearts te word.
Gunsteling woord in Afrikaans
Pampoenpoffertjie
Datum van matriekafskeid
2025-10-03