Mari Snyman
Hoërskool Jeugland
Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Dapper
What was your inspiration for your matric prom dress?
My inspirasie het gekom uit my ma self. Ek wou iets dra wat nie net mooi is nie, maar ook ’n storie vertel — ons storie.
My ma het my rok met haar eie hande gemaak, en ek wou hê dit moes iets wees wat haar liefde en kreatiwiteit wys. Elke detail is spesiaal beplan, van die kleur tot die styl, en dit het perfek gevoel om iets te dra wat met soveel liefde gemaak is.
All wat ek in 'n rok wou he was 'n eenoudige maar elegante blou rok het wat by my en my persoonlikheid pas en ek het soveel meer gekry as waarvoor ek gevra het.
What was your favorite part of your matric prom dress?
My rok beteken vir my alles. Dis nie net materiaal en stikwerk nie — dis herinneringe, tyd saam met my ma en die trots om iets te dra wat sy self gemaak het. Elke keer as ek daaraan dink, onthou ek die opgewondenheid in haar oë toe sy dit klaar gemaak het. Hierdie rok sal altyd vir my ’n simbool bly van liefde, geduld en die band tussen ma en dogter.
Dit simboliseer nie net die einde van skool nie, maar ook my styl en wie ek is. Elke keer as ek dit aantrek, voel ek sommer my mooiste self en onthou ek al die lekker oomblikke, lag, vreugde en herinneringe wat ek vir altyd sal koester.
Date of matric farewell?
2025-10-18