Mari Snyman

Hoërskool Jeugland

Tuisdorp

Kempton Park

Skool

Hoërskool Jeugland

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My Matriekafskeid rok het ek self ontwerp en dit is vir my baie besonders omdat my Ma my kreatiewe idees ‘n werklikheid kon maak. Sy het my droom rok met soveel sorg en liefde gemaak van elke steek, kralietjie/blinker en lyn tot hoe dit pas . Dit was regtig spesiaal om te kon sien hoe my ma my idee lewe gee. My Rok is nie net baie spesiaal omdat my Ma dit gemaak het, en ek dit self kon ontwerp nie maar die tyd wat ons saam deurgebring het en die herinneringe wat ons gebou het.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie het gekom uit my ma self. Ek wou iets dra wat nie net mooi is nie, maar ook ’n storie vertel — ons storie. My ma het my rok met haar eie hande gemaak, en ek wou hê dit moes iets wees wat haar liefde en kreatiwiteit wys. Elke detail is spesiaal beplan, van die kleur tot die styl, en dit het perfek gevoel om iets te dra wat met soveel liefde gemaak is. All wat ek in 'n rok wou he was 'n eenoudige maar elegante blou rok het wat by my en my persoonlikheid pas en ek het soveel meer gekry as waarvoor ek gevra het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken vir my alles. Dis nie net materiaal en stikwerk nie — dis herinneringe, tyd saam met my ma en die trots om iets te dra wat sy self gemaak het. Elke keer as ek daaraan dink, onthou ek die opgewondenheid in haar oë toe sy dit klaar gemaak het. Hierdie rok sal altyd vir my ’n simbool bly van liefde, geduld en die band tussen ma en dogter. Dit simboliseer nie net die einde van skool nie, maar ook my styl en wie ek is. Elke keer as ek dit aantrek, voel ek sommer my mooiste self en onthou ek al die lekker oomblikke, lag, vreugde en herinneringe wat ek vir altyd sal koester.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die mooiste oomblik van my matriekafskeid was toe ek in my rok uitstap en sien hoe trots my ma kyk. Daardie glimlag het alles beteken. Ek het gevoel soos die mooiste weergawe van myself, nie net oor hoe ek gelyk het nie, maar oor wat die rok vir my beteken het. Om saam met my vriende te dans en te lag, wetende dis ons laaste aand as skoolkinders, het dit nog meer besonders gemaak.

Planne vir na matriek

My Groot droom is om ‘n lugwaardin te word en vir Emirates te werk. Ek moet wel 21 wees voor ek kan aansoek doen, so tot dan toe, gaan ek verder Studeer in Onderwys - baccalaureus in onderwys (b.ed.) en Tale

Gunsteling woord in Afrikaans

Dapper

Datum van matriekafskeid

2025-10-18

Like what you see?

Share on Social Media