Lente Steenkamp
Middelburg Hoërskool
Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Beminde
What was your inspiration for your matric prom dress?
Gouelokkies en die Drie Bere: Ek wou 'n rok hê soos Baba Beer se pap - nie té veel nie en nie té min nie. lets wat die toets van tyd kan deurstaan, iets elegants, sterk, effens "bling", met kleur, tekstuur, gemak en speelsheid.
What was your favorite part of your matric prom dress?
My naam is nie deur my ouers gekies nie, maar deur my Skepper. Dis profeties, met 'n dubbele betekenis: daarom moes
my rok 'n dubbele doel dien. Die kleur swart dui op krag en dra Spreuke 31:25 vir my diep betekenis:
"Sy is bekleed met kraq en waardigheid, en sy lag sonder vrees vir die toekoms."
Die geborduurde blomme aan die bo-en agterkant van my bustelyf simboliseer my naam: Lente-Edeni wat groei en vreugde beteken en die vere-boa reflekteer Matteus 6:28-33.
Laastens verteenwoordig die rooi van die vere-boa wie ek is: rasend, aktief, effektief, raakvatter en 'n voorloper.
Date of matric farewell?
2025-10-03