Karlene van den Berg

Potchefstroom Gimnasium

Tuisdorp

Potchefstroom

Skool

Potchefstroom Gimnasium

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het dit saam met my tannie, Sebrine, die eienaar van Sebrine Couture, ontwerp en sy het die rok vir my gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou n stylvolle rok gehad het wat steeds modern en elegant is, wat anders is maar steeds klassiek bly, iets wat my persoonlikheid weerspieël: selfversekerd maar nie oordadig nie. Die swart materiaal is gekies omdat dit tydloos en gesofistikeerd lyk, terwyl die silwer kantdetail n bietjie glans en vroulikheid byvoeg sonder om oordadig te wees.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit is n baie spesiale rok vir my want dis uniek en wys dat ek nie bang is om uit te staan nie, maar dat ek dit met klas en styl doen. Ek en my tannie het saamgewerk om iets te skep wat my soos die beste weergawe van myself laat voel het - n rok wat my laat glimlag elke keer as ek in die spieël kyk.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt vir my was definitief die "Bling walk" waar ons oor die rooitapyt geloop het.

Planne vir na matriek

Ek gaan Grondslagfase Onderwys by die NWU studeer na skool.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media