Kaitlyn Going
Eunice High School
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool
Eunice High School
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp deur Casper Bosman.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou 'n rok laat ontwerp het wat my sagte geaardheid uitbeeld. 'n Rok wat uniek en buite my gewone keuses sou wees,maar tog gemaklik genoeg sodat ek die aand kan omdans en kuier saam met my vriendinne.
Casper Bosman het 'n kleur analise laat doen, en die wens vir buite my gemak beweeg het waar geword, van goudgeel as my eerste keuse tot 'n sagte champagne kleur wat al my verwagtinge oortref het.
Die uniek wens was ook oortref omdat Casper 'n fluweel bo-stuk gemaak het, iets wat ek nie as 'n reël aan sou dink nie.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeid rok verteenwoordig wie ek is. Sag en elegant.
Ek het van 'n pokkel Gr1 ,onsekere dogtertjie gegroei tot 'n vrou met selfvertroue wat gemaklik is met wie sy is.
My rok was my afsluit in die avontuur na selfvertroue en vroulikheid.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om saam met almal in my graad te dans vir een laaste keer voor ons die ernstige eksamen aanpak. Dit was ook vir my 'n hoogtepunt om te sien hoe mooi elkeen gelyk het en hoe elkeen hulle eie vroulikheid uitgebeeld het.
Planne vir na matriek
Ek gaan volgende jaar, Grondslagfase studeer aan die Noordwes Universiteit.
Ek het 'n groot passie vir kinders en kan nie wag om met daardie droom te begin nie.
Gunsteling woord in Afrikaans
Betower
Datum van matriekafskeid
2025-10-04