Jenna Van Dyk

Klerksdorp Hoërskool

Tuisdorp

Klerksdorp

Skool

Klerksdorp Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Anel Botha het my idee en inspirasie perfek vir volmaak met die ontwerp van my rok.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matrierkafskeidrok was die "Black Swan" in Swan Lake Ballet opvoering. Sy is altyd stylvol, selfversekerd en elegant. Ek wou `n rok hê wat daardie tydlose, klassieke en "striking" teenwoodigheid uitstraal. Iets wat gesofistikeerdheid en selfvertroue kombineer met `n tikkie misterie daarby. Die "Black swan" in Swan lake simboliseer die laaste dans waar die waarheid uitkom wat vergelyk word met my laaste dans vol herinneringe van my Hoërskool loopbaan wat `n hoogtepunt is in my Matriekjaar.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit was my absolute droomrok met die tydlose, elegansie van swart. Ek kon my diepe self uitbeeld wat standvastig is, gefokus op die nuwe begin met tog die sagtheid van my omgee hart. Dit weerspieël ook my storie van my Hoërskool loopbaan se "ups and downs" op kompeterende sportvlak. Dit was my hartklop gewees.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die eerste keer toe ek my rok aantrek was dit of die wêreld gaan stilstaan...ek het die oomblik van glans, diepe dankbaarheid en vreugde in myself beleef! Ek het absoluut gestraal vir die oomblik! Dit was `n hoogtepunt.

Planne vir na matriek

Ek gaan Geoktrieerde Rekenmeester graad studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Asemrowend

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media