Jade van Huyssteen

Hoerskool Centurion

Ouderdom

18

Skool

Hoerskool Centurion

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok is 'n gesofistikeerde dramatiese goue rok. Die rok beeld my liefde vir glans en glinster uit en is 'n refleksie van my dramatiese persoonlikheid. Die rok in sy eenvoud was ontwerp om te dien as bykomstige uitbreiding van myself eerder as die 'ster' van my uitrusting sodat dit my voorkoms kon versterk , nie dra nie. Die goue kleur was gekies om my vel te laat gloei en koninlik te lyk. Die rok se 'ruching' , slit en moue dra als by tot die illusie van goud wat oor my lyf drapeer terwyl die korset die hele rok se visie van elegansie saambind. Ek is mal oor die rok gewees en kan net aan Smart Guy Smart Bride krediet gee vir hul werk!!

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My afskeid rok was geinspireer deur 'n diep see skattekis wat nou net onttrek was uit die see uit. Dis die beeld wat ek gehad het toe ek my uitrusting aanmekaar sit. Ek wou he dit moes lyk asof 'n goue lap natuurlik pas en moeiteloos om my figuur geval en gedraai het soos 'n goue standbeeld of elegante kandelaar. Tesame met my hare wat los hang in krul en een is met die rok in sy goud blond kleur.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van my rok is die moue omdat dit in my eenvoudige goue silloutte rok 'n sprokies element inwerk wat die prinses drome van my jonger self kombineer met die sterk bemagtigde onafhanklikheid van my matriek-self. Dit beeld my loud en bold persoonlikheid tesame met die sprokieagtige drome wat ek steeds bly glo in matriek uit. En laastens my korset...ag wie's nie lief vir 'n goeie korset nie, defintief 'n goeie idee gewees om die visie saam te bring!

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media