Elri Geldenhuys

Hoërskool Randburg

Tuisdorp

Randburg, Johannesburg

Skool

Hoërskool Randburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die idees is geleen uit verskeie prentjies en idees is bymekaargesit om die eindproduk te kry. Dis deur 'n patente tante gemaak

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het van die begin af geweet blou is my kleur. Dit aksentueer die kleur van my oë en laat my pragtig voel. Ek is mal oor satyn en pêrels, die pêrels is ingebring om die eentonigheid van die kleur te breek. Ek wou 'n oop rug gehad het met los hare wat daar oor hang.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek wou met kleur en tekstuur, gemak en elegansie skep. Ek wou soos 'n prinses voel en ek het dit beslis reggekry

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om saam met goeie vriende 'n aand van elegansie te kon beleef en tyd saam met hulle te kon spandeer

Planne vir na matriek

Ek wil baie graag tale studeer en is ingeskryf vir 'n BA graad by Tukkies en het gelukkig ook plek gekry in die koshuis. Ek is baie opgewonde oor wat in die studente lewe vir my voorlê

Gunsteling woord in Afrikaans

Makietie

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media