Clarize Bester

Hoërskool Kalahari

Tuisdorp

Kuruman

Skool

Hoërskool Kalahari

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok by Ernst Schütz die eienaar van Ernst Schütz Exclusive in Klerksdorp laat ontwerp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Elke meisie se droom is om soos ń prinses te voel op haar matriekafskeid . My inspirasie was om ń rok te hê wat my soos n prinses laat voel met die romp wat effens wyd uit skop. Terwyl ek n statement wou maak met die boonste gedeelte wat sê ek is TYDLOOS , ELEGANT en effens MISTERIEUS met die kant lang moue.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok moes my persoonlikheid uitbeeld. Die Here het ons elkeen UNIEK gemaak, en dit is hoekom ek iets anders wou hê . Iets wat “ bold “ is , maar steeds elegant en tydloos. Ek wou hê my rok moes uit staan sonder om oordrewe te wees. Ek het nog altyd van “opdress” en mooi klere gehou , daarom moes my rok iets besonders wees wat my ware self uitbeeld.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om al my vriende in hulle pragtige rokke te sien. Dit was besonders om te sien hoe elkeen van ń graad 8 leerling in volwasse jong dames met styl en selfvertroue verander het.

Planne vir na matriek

Ek gaan in Bloemfontein by CUT vir radiografie gaan leer.

Gunsteling woord in Afrikaans

irrelevant

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media