Carlin Keuzenkamp

Hoër Meisieskool Bloemhof

Tuisdorp

Somerset Wes

Skool

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my matriekafskeidrok laat maak deur Gayle Wilkie. Dit was my eie ontwerp wat Gayle met haar talent en insig vervolmaak het.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek sou graag die inspirasie agter my matriekafskeid rok interresant wou gehad het, maar om eerlik te wees het ek net ‘n mooi rok op tiktok gesien en sommer dadelik geweet - daardie rok is my matriekafskeid rok ! Die tiktok was miskien net die inspirasie, maar ek was nog van kleins af lief om my eie rokke te skets. En so is my droom rok tot lewe gebring: met n paar inkleur potlode en ‘n “Top Model” boek.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Vir my is die rok ‘n perfekte voorstelling en goeie kombinasie van my menswees. Almal sê altyd dat as hulle ‘n kleur aan my moes koppel, dit ligte pers sou wees. Ek was nog altyd mal oor die Spaanse kultuur en veral daardie tipiese spaanse rokke en wou dit graag in my rok inkorporeer. Ek glo die “frills” verteenwoordig die spontane deel van my persoonlikheid, terwyl die “glitter en bling” op die bostuk my kreatiewe denke simboliseer. Ek wou graag hê dat wanneer ek op die rooi tapyt stap, moes mense “Carlin” raak sien.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Daar is baie om van te kies, maar as ek een moet uitsonder is dit definitief die danstyd wat ek met my metgesel, vriende, maar ook my hele graad ten volle kon geniet. Dit was die laaste keer waar ons as die klas van 2025 sou saam wees, en dit was regtig spesiaal om ons jaar op so manier te kon vier.

Planne vir na matriek

Ek gaan BRek by die universiteit van Stellenbosch swot. Na my studies, en paar jaar van ervaring, is dit ‘n droom van my om ook my eie koffie winkel oop te maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Verdoesel

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Like what you see?

Share on Social Media