Carla Venter

Afrikaans Hoër Meisies Skool Pretoria

Tuisdorp

Centurion

Skool

Afrikaans Hoër Meisies Skool Pretoria

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My tannie en 'n vriendin van haar het die rok vir my gemaak. Ek het die idees vir hulle deurgegee en dit het presies uitgekom soos ek gehoop het.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het baie rokke op die internet gesien en ook verskillende style gaan aanpas. Op die ou end het my idee begin vorm kry. Ek wou klassiek en eenvoudig gaan maar tog ietsie wat sal uitstaan.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit is vir my baie spesiaal omdat ek van die begin af kon sien hoe die lap, bostuk en kraletjies in 'n pragrok bymekaar gekom het. Elke aanpas sessie was 'n hoogtepunt.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Definitief die oomblik toe die dansbaan geopen is!!

Planne vir na matriek

Ek wil medies gaan studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Giggel

Datum van matriekafskeid

2025-10-07

Like what you see?

Share on Social Media