Cara Wessels
Hoërskool Vredendal
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Vredendal
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die ontwerp van my matriekafskeidrok weerspieël my begeerte na ’n gemaklike, elegante en tydlose styl wat ek ook in die toekoms met selfvertroue kan dra. Met ’n eenvoudige maar stylvolle silhoeët en ’n subtiele drapering by die halslyn, bied die rok sagte detail sonder om te onthullend te wees – ’n keuse wat perfek by my persoonlikheid en voorkeur vir klassieke styl aansluit.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok het begin met ’n kleuranalise. My kleurprofiel is ’n Sagte Herfs, en daarom was die regte kleur vir my gelaat ’n baie belangrike aspek. Uit al die herfskleure was die een (brons) wat ek gekies het die perfekte weerspieëling van my styl en persoonlikheid.
Vir die tipe materiaal was dit vir my noodsaaklik dat dit relatief elasties moes wees, sodat ek gemaklik en selfversekerd in my rok kan voel. Ek het ook blinkers gekies, want dit het my laat skitter en ekstra spesiaal laat voel.
Die rok self is uniek omdat die blinkers saam met die gekose kleur telkens anders vertoon, afhangend van hoe die lig daarop val. Dit maak die ontwerp lewendig en vol dimensie, terwyl dit steeds klassiek en elegant bly.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is nie net ’n spesifieke ontwerpkenmerk nie, maar die hele ervaring van hoe dit tot stand gekom het. Ek was indirek betrokke by die ervaring deurdat ek die volledige maak-proses gedokumenteer het, as ‘n fotografiese opstel vir my aansoek om toelating vir grafiese ontwerpstudies volgende jaar.
Dit was wonderlik om deel te wees van elke stap – om te sien hoe die materiaal geleidelik verander in ’n magiese skepping wat simbolies is van my oorgang van skoolleerder na jong volwassene – ’n nuwe hoofstuk in my lewe.
Vir my verteenwoordig die rok nie net die einde van ’n hoofstuk nie, maar ook die begin van ’n nuwe reis.
Datum van matriekafskeid
2025-08-22